Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Sasolburgse Jeugsorgsentrum. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 23 Jun 09:00 Erediens. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 25 Jun 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 4. Donderdag 27 Jun Toeka Tieners. 5. Gemeente-ete - verjaarsdag: Verskuif na Sondag 23 Junie na die diens. Elke gesin maak ‘n bredie vir hul familie plus vir nog 1 persoon ekstra plus een stysel. Bring eie eetgerei en drinkgoed. Poeding sal voorsien word. Hier sal ook brode wees. Almal sal saam opskep, merk asb u bredie bv. hoender, skaap en so mee. 6. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 7. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 8. Wildsfees: 20 Julie 2019 op die plaas Leeukop. 11:00 tot laat. Toegang is gratis. Kosstalletjies asook ander stalletjies van 11:00 tot 16:00. Etekaartjies vir die aand by die kantoor beskikbaar (R150.00 pp; R80.00 vir kinders 5- 13 jaar; onder 4jr gratis). Ricky Fabertreë op. So ook TnT plofstof. 9. Gemeente 25jr viering wyn beskikbaar by die ete, wildsfees asook by die kantoor @ R100 vir rooiwyn en R80 vir droeë wit.