Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Jeugbedieninge. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 09 Jun 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese afsluiting. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 10 Jun Kantoor gesluit. 3. Dinsdag 11 Jun 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 4. Donderdag 13 Jun 17:30 Helplift vergader. 5. Gemeente-ete - verjaarsdag: Verskuif na Sondag 23 Junie na die diens. Elke gesin maak ‘n bredie vir hul familie plus vir nog 1 persoon ekstra plus een stysel. Bring eie eetgerei en drinkgoed. Poeding sal voorsien word. Hier sal ook brode wees. Almal sal saam opskep, merk asb u bredie bv. hoender, skaap en so meer. 6. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 7. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 8. Wildsfees DV 20 Julie. Hou die datum oop. Ricky Faber; TnT plofstof tree op. Lekker kos te kry. Vele stalletjies.