Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Fonds vir Bediening Kerkjeug. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 26 Mei 09:00 Nagmaal en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Nagmaal. 2. Dinsdag 28 Mei 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 3. Woensdag 29 Mei 18:00 Wildsfeesvergadering. 4. Donderdag 30 Mei 16:00 Middagdiens. (Hemelvaartdag) 18:30 Aanddiens. 5. Met die kerkraadsvergadering, gehou 08 Mei, is die volgende persone gekies as Diakens: Letitia Jansen van Vuuren en Marinda Bierman. Gekies as ouderlinge: Pep Bierman, Ernest Byleveldt, Attie Carpenter en Gerrit Jansen van Vuuren. Ons vra u voorbidding in die verband. 6. Pinksterweek: 3 Junie tot 7 Junie. Elke middag 15:00 dienste en elke aand 18:30 dienste. Elke middag 16:30 dienste te Vaalmarina. Sop en broodjies word na die aanddienste bedien. 7. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 8. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie.