Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Gemeentehulp. Leraar: Ds. Carlie Schiel. 1. Sondag 07 Apr 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 10:45 Jeugkommissie. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 08 Apr 18:00 Barmhartigheid. 18:30 Evangelisasiekommissie. 18:30 Eredienskommissie. 3. Dinsdag 09 Apr 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 4. Woensdag 10 Apr 18:30 FK vergader. 5. Donderdag 11 Apr 17:30 Helplift vergader. 6. Lydensweek: Maandag 15 April tot Woensdag 17 April – Elke aand om 18:30 sal daar dienste wees. Donderdag 18 April om 18:30 Aandnagmaal. Vrydag 19 April (Goeie Vrydag) oggendddiens om 08:00. Kantoor sal Maandag 22 April gesluit wees. 7.Basaar-vleisbestellings: Wors R70 per kg, Maalvleis R65 per kg, Sopvleis R65 Per kg en agterkwarte R55 per kg. Vleis eers na Paasnaweek beskik- baar. Plaas bestellings per sms of whatsapp by Lana 083 335 6796. Betalings moet asb geskied wanneer vleis afgehaal word by die kantoor. 8. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 9. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 10. Verskeindenheidskonsert ten bate van die Basaar. Vrydag 12 April hier by die kerk. Daar sal ook wegneem-etes te koop wees vir die aand. Voorlopig is daar jaffles @ R25 elk bestel by Tjaart of Marissa. Pannekoek – R20 vir 5, bestel by Lalie Coetzee. Kaartjies vir die konsert kan by Tjaart gekoop word 082 828 8615.