Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Bybels. Leraar: Ds. Carlie Schiel. 1. Sondag 31 Mrt 09:00 Erediens. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 02 Apr Ringsleraars. 19:00 Gebedsgeleentheid. 3. Donderdag 04 Apr 18:30 Vaalmarina Kleingroep. 4. Woensdag 10 Apr 18:30 FK vergader. 5. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 6. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 7. Vrydag 5 April - VLU Wegneem-etes by die Gemeentesaal vanaf 17:00. Vetkoek en Maalvleis @ R20 elk en Pannekoeke @ R20 vir 5. Daar sal ook rou deeg te koop wees: R5 vir die grootte van ‘n klein koeldrankbottel. R10 vir ‘n 1L bottel en R20 vir ‘n 2L bottel. Deeg vries goed. 8. Verskeindenheidskonsert ten bate van die Basaar. Vrydag 12 April hier by die kerk. Daar sal ook wegneem-etes te koop wees vir die aand. Voorlopig is daar jaffles @ R25 elk bestel by Tjaart of Marissa. Pannekoek – R20 vir 5, bestel by Lalie Coetzee. Kaartjies vir die konsert kan by Tjaart gekoop word 082 828 8615.