Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Sasolburgse Jeugsorgsentrum. Leraar: Ds. Carlie Schiel. 1. Sondag 17 Mrt 09:00 Erediens. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 18 Mrt Bloedskenk in die gemeentesaal. 16:00 – 19:00. 3. Donderdag 21 Maart is die kantoor gesluit. 4. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 5. Liefdeinemmersprojek het weer afgeskop vir 2019. Emmers is beskikbaar indien u dit te wil ondersteun. Die items wat ingesamel word gaan vir ons barmhartigheidsgevalle. Voorbaat dankie. 6. Lidmaatskappe ontvang vanaf NG Lambton-Germiston: Jan Frederik Theodoris Kleynhans en Petro Lucilla Kleynhans. 7. Waterfront Piekniekdag – 30 Maart 2019 vanaf 10:00. Toegang beloop R50 per persoon. Kinders onder 12 is gratis. Daar is bootritte, boeresport, skyfskiet, pluimbal, drome vlieg, volleyball, veerpyltjies en nog vele ander aktiwiteite. Musiek word veskaf deur Armand du Preez. Bring jou eie stoel, vleis, sambreel en eetgerei. Ys, vure en pap en sous sal voorsien word. RSVP: 21 Maart 2019. Plot 43, Vaalbank (onder die damwal). Tina: 071 977 3033, Susan: 083 307 2757 of Annemarie: 082 376 9940. 8. Verskeindenheidskonsert ten bate van die Basaar. Vrydag 12 April hier by die kerk. Daar sal ook wegneem-etes te koop wees vir die aand. Meer besonderhede sal later deur gegee word.