Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Fonds vir Teologiese Opleiding. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 27 Jan 09:00 Nagmaal/Belydenisaflegging. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Nagmaal en Belydenisaflegging. 2. Dinsdag 29 Jan 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 3. Woensdag 30 Jan 18:30 Basaarbeplanning. 4. Nominasevorms vir die verkiesing van kerkraadslede sal beskikbaar wees in die voorportaal. Die kerkraad het dit goed gedink om die gemeente meer deel te gee rondom die proses van verkiesing van kerkraadslede. U het hiermee die geleentheid om name deur te gee wat u beleef as iemand wat hierdie dienswerk van die Here behoort te doen. 5. Woensdag 13 Februarie – Kerkraadsvergadering. Ons vra u voorbidding in die verband. Dankie. 6. Lidmaatskappe ontvang: NG Kleinmond – Mariè Aletta Jakoba van Niekerk en Willem Adolph van Niekerk. Kerk tussen die Mielielande: Gideon Theodoris Geldenhuys en Catrina Dalina Joagamina Geldenhuys. Kerk tussen die Mielielande: Albertus Sarel Jacobus Viljoen. NG Townsview: Johannes Petrus O’Connell. NG Drie Riviere-Oos: Ronald Christiaan Bauman, Anne-Marie Bauman, Anke Bauman en Rocco Christiaan Bauman. ` 7. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees.