Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Fonds vir Geestelike Bearbeiding van Studerende Jeug. Leraar: Ds. C.H.T. Schiel. 1. Sondag 20 Jan 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 21 Jan 16:00 – 19:00 Bloedskenk. 18:00 Barmhartigheid vergader. 18:30 Eredienskommissie. 3. Dinsdag 22 Jan 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 19:00 Gebedsgeleentheid. 4. Woensdag 23 Jan 18:30 FK vergader. 5. Donderdag 24 Jan 12:00 Toeka Tieners - Saal. 6. Sondag 27 Jan Nagmaal/Belydenisaflegging. 7. Woensdag 30 Jan 18:30 Basaarbeplanning.` 8. Nominasevorms vir die verkiesing van kerkraadslede sal beskikbaar wees in die voorportaal. Die kerkraad het dit goed gedink om die gemeente meer deel te gee rondom die proses van verkiesing van kerkraadslede. U het hiermee die geleentheid om name deur te gee wat u beleef as iemand wat hierdie dienswerk van die Here behoort te doen. ` 9. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees.