Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Sasolburg Jeugsorgsentrum. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 25 Nov 09:00 Nagmaal. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Nagmaal. 2. Maandag 26 Nov 16:00-19:00 Bloedskenk in die Gemeentesaal. 3. Dinsdag 27 Nov 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 18:30 Gebedsgeleentheid. 4. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 5. Glimlag-projek 2018. Ons benodig – Lekkergoed, toiletrolle en geskenkpapier. Inkleurwerk – papiere in die ingangsportaal. Koekies wat gepak word vir ouetehuise. Jou tyd en hande om te help pakkies maak. Ons deel uit Saterdag 01 Des. Wees deel van die projek. 6. Met die kerkraadsvergadering gehou, Woensdag 7 November 2018, is die volgende persone herkies as: Ouderlinge: Piet Hanekom, Sannie Wentzel, Hannes Bezuidenhout en Hennie van der Walt. Diakens: Tina Odendaal, Lana van Heerden, Lalie Coetzee, Selma van der Walt en Marthinus van der Westhuizen. Gekies as Ouderlinge: Susan Venter en Hannes Venter. Gekies as diakens: Joan Rheeder, Micheal Stoffberg en Martoinette Stoffberg.