Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Beursfonds vir Teologiese Studente. Leraar: C.H.T. Schiel. 1. Sondag 19 Aug 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Maandag 20 Aug 18:00 Wildslapavergadering. 3. Dinsdag 21 Aug 09:00 Engelse Bybelstudie. 10:00 Gebedsgroep. 10:30 Bybelstudie. 18:30 Gebedsgeleentheid. 4. Donderdag 23 Aug 10:00 Toeka Tieners Damestee. 17:30 Helplift. 18:30 Sanggroep. 5. “Ons vrees nie die ouderdom” – ‘n Boekie geskryf deur oom Kokkie du Plessis ten bate van Bybelverspreiding. Prys beloop R10 elk en kan by die kantoor afgehaal word. 6. Wildsfees – Kantoor kan gekontak word vir meer besonderhede. Kaartjies beloop R150 per persoon wat eetgerei en ete insluit. Verskeie potjies met bykosse. Potjie vir diegene wat nie wild eet nie. Hamburgers, worsrolle en sosaties van wild. Verskeie poedings. Pannekoek en wildspasteie ook te koop. Soettandtafel en koffietuin. Vlooimark, veiling , ‘n bees kan gewen word en vele ander pryse. Opkomende kunstenaars wat optree. Lekker musiek vir die dag. Bring u eie stoel en koelsak. 7. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Neem met vrymoe- digheid boeke.